Quantcast
Channel: Minder as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Groente-bolognese

$
0
0

Die fyn gekapte sampioene in hierdie vegetariese gereg gee die heilsame smaak wat maalvleis gewoonlik sou gee

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.

15 ml (1 e) olyfolie
4 sprietuie, in skywe gesny
1 selderystingel, in skywe gesny
300 g sampioene, gekap
2 wortels, in blokkies gesny
3 knoffelhuisies, fyn gekap
5 ml (1 t) vinkelsaad, fyngedruk
1 ml (¼ t) brandrissievlokkies
15 ml (1 e) tamatiepasta
2 x 400 g-blikke heel kersietamaties
100 g babaspinasie
350 g spaghetti
sout en peper

  1. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die sprietuie, seldery, sampioene en wortels 5 min. tot versag terwyl jy die knoffel, vinkel en brandrissievlokkies inroer.
  2. Roer die tamatiepasta saam met die tamaties in en bring tot prutpunt. Laat prut 10 min. tot effens verdik en roer dan die spinasie deur.
  3. Bring intussen ’n groot kastrol water tot kookpunt en kook die spaghetti volgens die aanwysings op die verpakking.
  4. Dreineer en roer die bolognese-mengsel in. Geur met die sout en peper en sit voor.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Latest Images

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>