Quantcast
Channel: Minder as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Oosterse lamsrolletjies

$
0
0

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20-25 minute
Staantyd: 2 uur of langer

MARINADE
10 ml (2 t) vars gemmer, gerasper
3 knoffelhuisies, fyn gekap
60 ml (¼ k) bruinsuiker
50 ml (10 t) sjerrie
150 ml witwyn
10 ml (2 t) elk oestersous en sojasous
5 ml (1 t) vyfspeserypoeier
hand vol vars koljanderblare, gekap
VLEIS EN GROENTE
250 g lamsboud, ontbeen
wortel- en murgpampoentjierepies
vars spinasieblare, wit stele uitgesny

  1. MARINADE Roer die bestanddele in ’n kastrol tot die suiker opgelos is.
  2. Laat ’n paar minute prut, laat dan afkoel en marineer die vleis minstens 2 uur daarin.
  3. VLEIS EN GROENTE Braai die vleis alkant vinnig bruin. Voorverhit die oond tot 160 °C en plaas die vleis 15 minute in die oond.
  4. Laat rus en sny in dun skyfies. Plaas ’n skyfie vleis saam met groente op ’n spinasieblaar en rol toe. Sit voor met ’n doopsous.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Latest Images

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>