Vinnig om te maak; heerlik om te eet.
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.
6 hoenderstukke (dye en boude)
15 ml (1 e) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
sap en skil van 1 suurlemoen
2,5 ml (½ t) fyn vinkel
2,5 ml (½ t) paprika
’n hand vol pietersielie, gekap
sout en vars gemaalde peper
4 rooi soetrissies
1. Sit die hoender in ’n bak saam met die olyfolie, knoffel, suurlemoensap en -skil, vinkel en paprika. Voeg die pietersielie by. Geur na smaak met die sout en vars gemaalde peper en meng tot die hoender egalig bedek is. Sit eenkant.
2. Voorverhit ’n kleefbestande braai- of skroeipan oor hoë hitte. Plaas die soetrissies en hoender in. Braai die hoender 10 min. weerskante of tot dit deurgaar is. Braai die soetrissies tot effens verskroei en versag. Haal die hoender en soetrissies van die hitte af en sit voor op ’n groot opdienbord.
Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller