Quantcast
Channel: Minder as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Grondboonpesto-pasta

$
0
0

Hierdie pesto omskep gewone pasta in ’n smaaklike gereg. Boonop is die resep vinnig en maklik.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 6 min.

400 g spiraalpasta
60 g ontpitte olywe
125 ml (½ k) grondbone
125 ml (½ k) pecorinokaas, gerasper
’n hand vol roket
2 hande vol pietersielie
160 ml (⅔ k) olyfolie
½ suurlemoen, sap uitgedruk
sout en vars gemaalde peper

1. Kook die pasta 6 min. of tot al dente in ’n groot kastrol gesoute kookwater. Spoel af onder koue water en dreineer goed. Sit eenkant.
2. Plaas die olywe, grondbone, pecorinokaas, roket en pietersielie in ’n verwerker en verwerk tot fyn gekap.
3. Voeg die olie, suurlemoensap, sout en peper by en verwerk tot net gemeng.
4. Skep die pasta en pesto in ’n groot bak en meng goed.

Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller


Viewing all articles
Browse latest Browse all 406


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>