Quantcast
Channel: Minder as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Quesadillas

$
0
0

Hierdie volmaakte inpakmiddagete kan die oggend berei word net voor jy uit die huis gaan.

Genoeg vir 2
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.

15 ml (1 e) olie
1 rooi soetrissie, gekap
½ groen soetrissie, gekap
250 ml (1 k) soetpitmielies
4 tortillas
250 ml (1 k) mozzarellakaas

  1. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die soetrissies en mielies by en braai 3 minute voor jy dit in ’n bak gooi.
  2. Sit die pan terug op die hitte. Plaas ’n tortilla in die pan en voeg sowat 60 ml van die kaas en gaar groente by. Vou die tortilla middeldeur om die quesadilla toe te maak. Keer met ’n spatel om en braai 2 minute weerskante.
  3. Herhaal tot al die tortillas klaar is en sny dan middeldeur.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Latest Images

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>