Maak dié smullekker kaaskoekglasies vir ’n vinnige nagereg.
Lewer 4-6 glasies
Bereiding: 15 min.
KORS
250 ml (1 k) klapper, gerooster
80 ml (⅓ k) fyn gekapte pekanneute (opsioneel)
80 ml (⅓ k) botter, gesmelt
15 ml (1 e) bruinsuiker
VULSEL
2 x 230 g-houers romerige maaskaas
fyn gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
45-60 ml (¼ k) versiersuiker
2 bakkies grenadellapulp
basilieblaartjies vir afronding
- Kors Meng die klapper, neute (indien gebruik), botter en suiker en druk vas op die bodem van 4-6 glasies.
- Vulsel Meng al die bestanddele buiten die pulp en basilieblaartjies.
- Marmer een houer pulp liggies deur die maaskaasvulsel en verdeel tussen die glasies.
- Skep die res van die pulp op elkeen en rond af met ’n basilieblaartjie. Verkoel tot opdiening.
Deur Carmen Niehaus
Foto’s: Misha Jordaan