Quantcast
Channel: Minder as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Romerige suurlemoen-en-roosmarynhoender

$
0
0

Hierdie geurige romerige suurlemoen-en-roosmarynhoender is wonderlik as aandete vir ’n gesin.

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 30 min.

4 hoenderborsfilette
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
4 knoffelhuisies, fyngedruk
2 takkies roosmaryn
250 ml (1 k) room
gerasperde skil van 1 suurlemoen
kruie vir oorsprinkel (opsioneel)

  1. Geur die hoender goed met die sout en peper.
  2. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die hoender tot bruin. Voeg die botter by en braai tot die hoender gaar is. Skep die hoender uit die pan en hou eenkant.
  3. Braai die knoffel en roosmaryn in dieselfde pan as die hoender. Verlaag die hitte en giet die room by. Laat stadig prut tot die sous verdik.
  4. Geur die sous met die suurlemoenskil en nog sout en peper indien nodig.
  5. Skep die hoender terug in die pan, sprinkel vars kruie oor, indien verkies, en sit voor saam met suurlemoenwiggies.

Deur Esther Malan
Assistent: Waleed Alexander
Foto’s: Jacques Stander

Ons maak jou maaltydbeplanning maklik met 5 maklike, vinnige weeksdagetes tesame met die volledige inkopielys vir al die bestanddele wat jy benodig. Skryf vandag in! Dis gratis!

Kosnuusbrief


Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Latest Images

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>