Quantcast
Channel: Minder as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Biefburger met blatjang

$
0
0

’n Maklike en smaaklike maaltyd om op ’n weekdag te geniet.

Genoeg vir 4 – 6
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 10 min.

500 g fyn beesvleis
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, grof gekap
15 ml (1 e) fyn koljander
10 ml (2 t) fyn komyn
2 eiers
125 ml (½ k) broodkrummels
’n hand vol pietersielie
sout en peper na smaak
Piekel
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, in dun skywe gesny
4 tamaties, gekap
15 ml (1 e) bruinsuiker
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 ml (1 t) paprika
1 Franse brood, in skywe gesny
’n hand vol koljander

  1. Meng al die bestanddele vir die biefburgers in ’n groot mengbak en verkoel 30 min. of oornag in die koelkas.
  2. Vorm balle uit die mengsel en druk dit effens plat. Verseël die burgers in ’n pan oor hoë hitte en plaas dit op ’n bakpan in die oond om verder gaar te raak.
  3. Piekel: Verhit die botter en olyfolie oor matige hitte in ’n pan en braai die uie tot sag. Voeg die tamaties en suiker by en laat prut 5 min.
  4. Voeg die knoffel en paprika by en roer tot gemeng. Pak die vleiskoekies en koljander op ’n sny Franse brood.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Latest Images

Trending Articles


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Die kuns van koeksisters bak


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


Hoe gaan dit nou?


Maar een Suid-Afrika


LêNet: 'n Onvergeetlike haarsny

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>