Quantcast
Channel: Minder as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Geroosterde blomkool-en-kekerertjieslaai

$
0
0

Vegetariërs behoort hierdie slaai te geniet. Dit het ’n lekker skop van brandrissie vir ’n bietjie opwinding.  

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15 min.

1 kop blomkool
30 ml (1 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
5 ml (1 t) brandrissievlokkies
2 wiele fetakaas
120 g slaaiblare
KEKER-ERTJIES
15 ml (1 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
2 knoffelhuisies, fyngedruk
410 g-blik kekerertjies, gedreineer
2 ml (½ t) fyn komyn
SLAAISOUS
2 knoffelhuisies, fyngedruk
45 ml (3 e) gekapte vars koljander
60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sny die blomkool in skywe (“steaks”) en pak op ’n bakplaat. Sprinkel die olie oor en smeer oor die blomkool. Geur met sout, peper en rissievlokkies.
  2. Krummel die helfte van die feta oor en rooster 10 min. tot die blomkool effens begin skroei.
  3. KEKER-ERTJIES: Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die keker-ertjies by en roerbraai ’n paar minute. Geur met komyn, sout en peper. Roerbraai tot goudbruin en hou eenkant.
  4. Meng die slaaiblare, orige feta, kekerertjies en blomkool liggies saam.
  5. SLAAISOUS: Klits al die bestanddele goed saam en giet oor die slaai. Sit dadelik voor.

Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 406

Latest Images

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>