Die pesto sorg vir ’n lekker bytsmakie.
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 minuteLewer 3 porsies
TAMATIESLAAI
400 g tamaties van verskillende kleure en groottes, in kwarte gesny
20 ml (4 t) olyfolie
30 ml (2 e) rooiwynasyn
4 stingeluie, gekap
sout en peper
2-3 Israeliese komkommers, in linte gesny
CALAMARI
400-600 g skoongemaakte babacalamari- buise en -tentakels
60 ml (1⁄4 k) botter
sap van 1 suurlemoen
100 g Thai-pesto (resep onder) sout en peper na smaak basilieblare vir bo-oor sprinkel
- Tamatieslaai Meng al die slaaibestanddele liggies en stapel dit op ’n bord.
- Calamari Spoel die calamari af en druk dit goed droog.
- Braai net voor opdiening ’n paar op ’n slag sowat 2 minute oor hoë hitte in die gesmelte botter of tot dit net-net wit verkleur.
- Meng die suurlemoensap en pesto deur. Geur met die sout en peper.
- Skep die calamari bo-op die slaai en sprinkel basilieblare bo-oor.
THAI-PESTO
100 g elk vars basilie- en koljanderblare 1 brandrissie
10 g vars gemmer, geskil
20 g knoffel, geskil
50 g okkerneute of sonneblomsade 50 ml olyfolie
sap van 1 suurlemoen
1-2 ml (1⁄4-1⁄2 t) vissous
Pesto Pols die basilie- en koljanderblare, brandrissie, gemmer, knoffel en neute of sade in ’n voedselverwerker tot fyn. Giet die olyfolie, suurlemoensap en vissous deur die tuit.
KLIEK hier om jou eie Huisgenoot Lae-koolhidraatresepteboek te bestel (ons aanlynwinkel open 15 Januarie 2016)