Kyk hoe maklik is dit om sjokoladepannekoeke te bak.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 3 min. elk
125 ml (½ k) meel
60 ml (¼ k) kakaopoeier
10 ml (2 t) strooisuiker
3 eiers, liggies geklits
30 ml (2 e) olie
180 ml (¾ k) melk
- Sif die meel en kakao in ’n bak en roer die suiker in. Klits die eiers, olie en melk saam in ’n beker.
- Voeg die eiermengsel geleidelik by die meelmengsel terwyl jy klits tot glad en gemeng. Bedek en sit 30 min. eenkant.
- Smeer ’n kleefvrye braaipan met die olie en verhit oor matige hitte. Giet 60 ml (¼ k) van die beslag in die pan en swaai om die bodem te bedek.
- Bak 2 min. of tot liggoud. Keer om. Bak 1 min.
- Keer op ’n bord uit en bedek om warm te hou. Herhaal met die oorblywende mengsel.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander