As jy op soek is na ’n interessante vinnige aandete, dan is druiwe bedek met maalvleis net die maaltyd vir jou!
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10 min.
500 g beesmaalvleis
5 ml (1 t) komyn, fyn gemaal
15 ml (1 e) koljander, fyn gemaal
2,5 ml (½ t) kaneel
’n hand vol gekapte pietersielie
1 ui, gerasper
1 eier, liggies geklits
1 ml (¼ t) fyn gemmer
1 ml (¼ t) rooipeper
sout en peper
200 g wit druiwe
guacamole en koeskoes vir voorsit
- Plaas die maalvleis, komyn, koljander, kaneel, pietersielie, ui, eier, gemmer en rooipeper in ’n groot mengbak. Geur na smaak met die sout en peper en meng tot net gemeng.
- Ryg 3 druiwekorrels aan ’n sosatiestok wat in die water geweek is en bedek met die maalvleis om ’n kofta te vorm.
- Verhit ’n braaipan tot baie warm en braai die koftas tot bruin.
- Sit dadelik voor met die guacamole en koeskoes.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan