Blomkool is veelsydig. Hier word dit met Cajun-speserye gaargemaak en saam met versnipperde hoender voorgesit.
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.
800 g blomkool
400 g keker-ertjies
60 ml (¼ k) olyfolie
15 ml (1 e) Cajun-speserye
growwe sout en vars gemaalde peper
¼ hoender, versnipper
2 avokado’s, gehalveer en geskil
’n hand vol koljander
1 suurlemoen, sap uitgedruk
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1. Plaas die blomkool en keker-ertjies op twee groot bakplate wat met bakpapier uitgevoer is en bedruip met die olie. Bedek met die Cajun-speserye, sout en peper en meng deur. Bak 15 min. of tot goudbruin. Voeg die hoender by.
2. Plaas een avokado-helfte in ’n middelslag bak. Voeg die koljander en suurlemoensap by. Meng met ’n handmenger tot glad en romerig.
3. Bedek die blomkool en keker-ertjies met die oorblywende avokado. Bedruip met die romerige avokado-sous.
Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller